Skip to content

Client Testimonials

Huis Conradie – Northern Suburbs/Cape Town

"Ons het Ian Smit ongeveer 6 jaar gelede genader om ons te help om ou huis wat ons gekoop het te help retoureer en moderniseer. Aangesien hy ons gehelp het by ons vorige huis met die ontwerp en aanbou van braaivertrek en tuin was hy ons 1ste en enigste keuse om weer hier te help met projek wat van heel ander aard was aangesien die huis in geheel restoureer en moderniseer moes word.

Vanaf dag 1 was dit weer net opnuut 'n plesier om te kon deel in sy passie, uitstekende voorstelle en kennis wat ons volle gerustelling gegee het dat ons in die beste hande was. Terugvoer was altyd betyds en baie professioneel en planne op tyd en sonder probleem goedgekeur.

Nie net was sy ontwerpe en idees baie waardevol en van hoogstaande gehalte nie maar ook die mate waarin hy die volle projek vir ons bestuur het op daaglikse basis in oorleg met bouers met wie hy kontrakte gesluit en op hulle tone gehou het. Hy weet waar is die beste verskaffers van materiaal teen die beste pryse en ook waar om geld te bespaar met subkontrakteurs wat kleiner take moet verrig. Dit het soveel "stress" van ons geneem en kon ons net daagliks die vordering dophou en terugvoer was gereeld gegee waarop geld spandeer word binne die toegelate begroting.

Die volle projek het 5 maande geduur en was dit 'n ongelooflike ervaring saam met Ian te danke aan sy passie asof dit sy eie huis is, sy ongelooflike kennis van die nuutste tegnieke en sy professionele diens te alle tye.

Enige probleme wat tydens die projek ontstaan het is spoedig aangespreek en opgelos te danke aan sy betrokkenheid en toesig en het hy ons baie geld gespaar op verskeie terreine.

Ons het daarna vir Ian al aan paar vriende en kennisse aanbeveel wat almal daarna vir ons dankie gese het want hulle ervaring was dieselfde en sal ook soos ons nooit in die toekoms iemand anders gebruik nie. Maak nie saak waar ons in S.A. bly nie, sal ek nooit iemand anders gebruik om my by te staan vir projekte nie.

Ek en Marlene geniet nog op gereelde basis komplimente vir mense wat verby ons huis ry of stap en nie kan glo wat hy met die huis kon regkry nie en kan ons hom net bedank daarvoor! Te danke aan sy voorstelle wat 100% ons behoeftes aangespreek het bly ons baie lekker en geniet dit elke dag met trots en dankbaarheid!”

Lood en Marlene Conradie